Vannes Gwened | |
---|---|
Koördinate: 47°39′21″N 2°45′37″W / 47.65583°N 2.76028°W | |
Land | Frankryk |
Gewes | Bretagne |
Département | Morbihan |
Arrondissement | Vannes |
Kanton | Vannes-Centre, Vannes-Est, Vannes-Ouest |
Regering | |
• Burgemeester | David Robo |
Oppervlak | |
• Stad | 32,30 km2 (12,47 vk. myl) |
Hoogte | 0–56 m (0–184 ft) |
Bevolking | |
• Stad | 52 683 |
• Digtheid | 1 631/km2 (4 220/vk. myl) |
• Metro | 144 353 |
Poskode | 56000 |
Skakelkodes | 56260 |
Webwerf | mairie-vannes.fr |
Vannes (Bretons: Gwened) is die hoofstad (prefektuur) van die Bretonse département Morbihan (Noordwes-Frankryk) met 52 683 inwoners (2009). Die stad is een van die snelste groeiendes in Wes-Frankryk, en sy inwonertal het sedert die jaar 1954 verdubbel. Vannes is nou die sentrum van die agglomerasie Pays de Vannes met 'n bevolking van 144 353.